0

Ope brief aan Steve

Ek gaan maar Afrikaans skryf dat jy my duidelik kan verstaan en dat daar nie misverstande is nie.

 

So volgens jou en ek kwoteer: ” Q: Wat bedoel jy met die “argitekte” twiet?
Steve: Dat swartes destyds wittes gemotiveer het om apart te wil ontwikkel.” Wat presies bedoel jy by dat swartes die wittes gemotiveer het om apartheid te ontwikkel? Het ‘hulle’ hulle nie goed genoeg gedra nie? Was ‘hulle’ maniere nie goed genoeg volgens ons voorvaders nie? Wie was ons voorvaders om te besluit hulle is beter? Wie dink jy is jy om te te regverdig dat mense – ja MENSE soos honde mishandel word en dan daarvoor n verskoning te soek.

Dink jy nie jy maak alles net erger in ons land nie? Hier sit ek met n 1 jarige baba. Sy is die dierbaarste wonderlikste dingetjie wat ooit met ons kon gebeur. Maar oor mense soos jy wat net aanstook en opstook word ons snaaks gekyk waar ons ook al gaan, omdat sy swart is en ons wit. My kind het nie gevra om ‘nie wit’ te wees nie. En die feit dat sy swart is is veronderstel om geen invloed te he om hoe mense haar hanteer nie. Sy het beter maniere as meeste kinders haar ouderdom. Sy is mal oor mense en wil net met almal speel. Maar ek moet heeltyd by speel plekke dophou hoe die ouers voel oor hul kind ewe skielik n drukkie van n swart kind kry.

Wat presies probeer jy doen? Die hele Q en A wys net hoe onsensitief en oningelig jy is.

Ek verwys veral na die gedeelte, maar die hele gedeelte is belaglik: Q: Noem vier dinge wat Afrikaners kan doen om deel te voel van die nuwe SA?
Steve: 1. Hulle moet agteroor buig, harder werk en elke sent wat hulle maak spandeer aan die belang van ander wie se voorsate nie ‘n donnerse duit kon bydra tot die lewensverwagting van ‘n kruppel dassie nie.
2. Hulle moet pis op die grafte van hul eie voorouers, oorlogsoorwinnings misken, Geloftes minag, hul eie monumente beskyt, straatname laat verwyder, hulle eie biblioteke afbrand en hul eie kinders stenig aan die poorte van wit plakkerskampe sodra dié tekens toon van prestasie en onderskeiding.
3. Hulle moet maak asof die swart agterstand ‘n onlangse wit skepping is wat gepaard gegaan het met die afbrand van infrastruktuur en duisende swart universiteite, biblioteke, hospitale en skole VOOR Jan van Riebeeck aangeland het.
4. Dan moet hulle klein kameras aan hulle holle vasplak om eerstehands te ervaar hoe dit voel as ‘n beskawing regdeur jou rektum stort soos spuitpoep.

 

So volgens jou pis ek op my voorvaders se grafte omdat ek ‘uit my ras uit’ n baba het? En soos jy self se’ jy is duidelik nie alleen nie.Daar is duisende wat mense soos jy en Sonet verafgod en hoop julle is ‘hul redding’. Hul redding van wat? Julle maak alles erger. Ek het die wonderlikste swart vriende.Ons maak ons kind groot om nie kleur te sien nie. Maar het jy enige idee wat swart mense deur is? Weet jy hoe hulle getreiter is? Weet jy met hoeveel haat ‘ons wittes’ sou opgetree het as ons soos honde behandel was en buite moes eet? Buite slaap? Alles oor ons toevallig n donkerder vel het.

Nee man ek dink wat jy doen is laag. Jy het baie mense wat jou volg. Jy kan help met n oplossing vir die probleme in die land. Moenie die probleme groter maak nie, help eerder. En as jy nie wil help nie, bly eerder stil. Jy laat my skaam kry om te se’ ek is n Afrikaner.

Ek is moeg vir baklei oor n vel kleur. Ons is Suid Afrikaners. Een volk. Een doel. Of jy dit glo of nie.

Advertisements